Tel: +27 82 951 0487 | info@thevatlady.co.za

Diesel Rebat(e)

Die Diesel rebat

Wat ‘n gesukkel is ‘n SARS dieseloudit!

SARS vra hope dokumente by die boer, om te bepaal of die diesel ge-eis korrek bereken word. Al word alle toepaslike dokumente vir SARS gegee, ervaar ons, dat SARS altyd fout sal vind en ten minste 50% van die diesel ge-eis, terugskryf. Met rente. Dan neem SARS eenvoudig die volgende paar BTW en Diesel terugbetalings om te vereffen wat hulle beweer die boer skuld. Of erger. Onttrek die geld uit die boer se bankrekening.

Alhoewel die Deoanewet ‘n Skedule vir boer uiteensit, en wys vir watter aktiwiteite diesel toelaatbaar is, en, watter dokument gehou moet word, ontvang boere ouditbriewe (van so 10 bladsye!) met terme, woorde en stellings daarin wat nooit in enige Wet of enige ander geskrewe dokument wat deur SARS gebroduseer is nie, verskyn.

Stellings soos “diesel word nie in primêre produksie gebruik nie”, “bakkies is ‘n probleem vir SARS”, “TLB’s is veelvuldige gebruik voertuie”, “bewerk van lande” is nie ‘n aanvaarbare beskrywing van aktiwiteite.

Voeg daarby:

Dan kan ‘n diesel-oudit baie interessante bevindings oplewer!

Veral wanneer ‘n brief per e-pos aankom, genaamd “final demand”.  En skielik word terugbetalings teruggehou en ‘n aanslag verskyn.  Maklike addisionele geld vir SARS is om bloot ‘n aanslag op die diesel uit te reik, want hulle weet dit word skaars bevraagteken.  Boonop het 2 gunstige hof uitsprake SARS grootkop gemaak.

In baie gevalle is die boer nie eers bewus van die dieseloudit nie aangesien die kennisgewings na die boekhouers gaan.  En dikwels is die hier waar die hele oudit skeefloop.  Die boekhouers wat dikwels self nie vertroud is met die wetlike vereistes van die dieselkorting nie, probeer dit by SARS “uitsorteer”, maar misluk dikwels – tot nadeel van die boer.

 

"Agriculture is our wisest pursuit, because it will in the end contribute most to real wealth, good morals, and happiness."
Thomas Jefferson

Wat staan die boer te doen?

Hier volg 10 wenke oor hoe om 'n dieseloudit te hanteer:

  1. Maak seker SARS het u e-pos en ander kontak besonderhede op die diesel stelsel – en nie net u boekhouer s’n nie. So sal u dadelik bewus wees van ‘n oudit.​

  2. Onthou die diesel rebat word bereken op diesel verbruik. Nie op diesel aankope nie. Maar, die diesel moet op die plaas afgelewer word.​

  3. Maak seker dat u logboeke korrek is.  Die logboeke is die belangrikste dokumente in hierdie hele stelsel.  U benodig 2 stelle – 1 vir “dispensing” uit die stoor tenk, en 1 vir die werklike gebruik in die individuele voertuie.

  4. U hoef nie aparte logboeke te hê vir elke voertuig nie (maar as dit u stelsel vergemaklik, hou dit dan so).  Dit is aanvaarbaar om een “usage” logboek te hou waarin u elke aparte voertuig gebruik noteer.  ‘n Voorbeeld van die logboeke verskyn op die SARS-webwerf: https://www.sars.gov.za/wp-content/uploads/Legal/Drafts/LAPD-LPrep-Draft-2013-17-Draft-Tariff-Amendment-Diesel-Usage-Logbook.pdf

  5. Maak seker dat u logboekbeskrywings so wyd as moontlik is.  “Bewerk van lande” is nie vir SARS aanvaarbaar nie.  Eise met sulke beskrywings sal nie toegelaat word nie.  ‘n Voorbeeld van ‘n voldoende beskrywing sou wees “rip en dis van lande (soja) by plaas X”.

  6. Onthou ook dat as u voertuie (trokke of bakkies) ry, dat u nie vir beide rigtings kan eis nie.  U kan slegs die diesel ten opsigte van een rit eis  – bv, van die plaas af na die silo of dan van die silo af terug na die plaas.  Maar nie vir albei nie. ‘n Uitsondering is as u voertuig, op pad terug goedere vir die plaas aankoop/optel.  Dan mag u diesel vir albei rigtings eis – maar SARS sal ‘n afleweringsnota of faktuur by u soek om dit te staaf.

  7. Wanneer SARS met ‘n dieseloudit begin, sal hulle altyd ‘n aanstellingsbrief e-pos, maar hulle sekere dokumente aanvra.  Die brief word ge-epos en nie duer die “e-filing” stelsel uitgereik nie.  Maak seker dat alles wat versoek word aan hulle verksaf word.  Regtig.  Dit sal teen u tel as u nie alles verskaf waarvoor gevra word nie.  Nog beter raad is om al die inligting op ‘n USB te plaas en dit per courier na die ouditeur te stuur.

  8. Maak seker dat alle kommunikasie met SARS skriftelik is.  Op dié manier word rekords gehou van alles wat bespreek is.

  9. Indien SARS ‘n brief genaamd “notice of intention to assess” uitreik, stel ons voor dat u iemand nader wat kennis dra van die Deoane-vereistes.  Die rede hiervoor is dat SARS van voorneme is o m diesel-eise terug te skryf – om redes wat nie altyd heeltemal wettig is nie.  Onthou daar is ook ‘n tydsbeperking om op hierdie brief te reageer.

  10. Indien SARS ‘n aanslag uitreik, onthou dat u kan appelleer.  Maar die proses is moeilik en neem ‘n hele tyd om af te handel – so 2 jaar – of langer.  Weereens, dit is raadsaam om iemand te nader wat kennis dra van SARS se nukke met die diesel rebat.

Kyk uit hierdie maand vir meer inligting oor ons nuwe diesel intekening diens!:

In samewerking met die VKB groep, beplan ons ‘n nuwe intekening diens om u te help met die SARS diesel oudits!  Teen ‘n redelike tarief, sal ons u diesel oudit hanteer, tot en met “ADR” met SARS.  Geen verborge koste nie, net ware hulp.

Vir meer inligting kliek hier.

Dee is beskikbaar om met u boerevereeniging te gesels oor die diesel rebat.  Kliek hier om Dee te kontak.